Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 10 FEBRUARIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus, vandag:

HET JY AL RTD PROBEER?

UITNODIGING OM 'N SPESIALE ROEPSEIN TE AKTIVEER TYDENS DIE RSGB KRIEKET WÊRELDBEKER RADIO MARATHON

en

DIE 2019 DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

HET JY AL RTD PROBEER?

Byna almal is besig om die nuwerwetse digitale modusse te gebruik, hier is 'n kans om die oorspronklike digitale modus te gebruik! Die SARL RTD kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika en dit moedig RTD QSOs. Die kompetisie vind tussen 14:00 en 17:00 UTC op Sondag 24 Februarie plaas met aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n RST-verslag en jou ruitvierkant (bv. KF26) en jy kan dieselfde stasie een keer per band werk.

QSOs met stasies in Suider-Afrika is 3 punte werd en QSOs met DX-stasies is 1 punt werd. Jou logstaat moet teen 4 Maart ingedien word by contest@sarl.org.za. Die volledige stel reëls is op bladsy 34 van die 2019 SARL Blouboek.

Stel jouself 'n doelwit - Werk alle ZS, die 2019 Werk Sone 39 en/of Werk alle Ruitvierkante op RTD!

UITNODIGING OM 'N SPESIALE ROEPSEIN TE AKTIVEER TYDENS DIE RSGB KRIEKET WÊRELDBEKER RADIO MARATHON

Die Radio Vereniging van Groot Brittanje organiseer 'n Internasionale Amateur Radio Marathon op die HF bande om die Internasionale Krieketraad (ICC) Krieket Wêreldbeker-toernooi te vier wat tussen 30 Mei en 14 Julie 2019 in Engeland en Wallis gehou word. Ons skryf aan jou as lid of geassosieerde lidland van die ICC om jou uit te nooi om deel te neem deur een of meer spesiale roepseine in die marathon te aktiveer.

Die marathon loop vanaf 30 Mei 2019 tot 14 Julie 2019 met die Britse en internasionale roepseine wat op 9 HF-bande geaktiveer word met ESB, gelykgolf en Digitale modusse. 'n Reeks toekenning sertifikate sal aan deelnemers aangebied word, gebaseer op die aantal QSOs wat hulle maak met Britse en internasionale stasie. Die RSGB gebruik die uitstekende Hamlogs-stelsel wat logstate van aktiveerder stasies toelaat om na 'n sentrale databasis opgelaai te word. Deelnemers sal hul vordering na die beskikbare toekennings kan dophou.

Van die Verenigde Koninkryk sal ons 31 spesiale roepseine aktiveer, insluitende elf vir die beroemde Krieket gronde wat in Engeland en Wallis gebruik sal word en tien vir die spanne wat deelneem. Die Britse roepsein sal almal die voorvoegsel GB19 hê met 'n twee of drie letter agtervoegsel. Ons nooi jou uit om by ons aan te sluit om een of meer spesiale roepseine te aktiveer. As jy ‘n roepsein met die agtervoegsel "19CWC" kan kry, sal dit ideaal wees, maar ander kenmerkende roepseine is ook welkom. Volledige besonderhede van die marathon sal gepubliseer word by https://rsgb.org/main/activity/radio-marathons/.

HET JY AL GEREGISTREER VIR 2019 AMSAT SA RUIMTE SIMPOSIUM?

Die 2019 AMSAT SA Ruimte Simposium sal op Saterdag 16 Maart 2019 by die Premier Midrand Hotel gehou word. Die simposium se registrasiefooi is R400 per persoon vir AMSAT SA en SARL lede en R600 vir nie-lede. Daar is 'n vroeë koers van R350 vir AMSAT SA en SARL-lede indien dit bespreek en betaal word teen Donderdag 28 Februarie 2019. Besprekings wat teen Vrydag 15 Februarie gemaak en betaal is, sal by die Simposium vir 'n ARRL Satelliet Handboek in 'n publieke trekking wees. Die registrasiefooi sluit in verversings en eetgoed by aankoms, oggend en middagete en koffie met eetgoed en 'n buffet middagete. Al die inligting oor die Simposium is beskikbaar op www.amsatsa.org.za.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE 2019 DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

Die SARL-Raad het op Vrydag 8 en Saterdag 9 Februarie by die NARS vergader en die beplanning en reëlings vir die 2019 Dag van die Radio Amateur wat op 12 en 13 April 2019 op Stellenbosch gehou sal word bespreek. Die vyf nominasies wat ontvang is om op die Raad te dien is Nico van Rensburg, ZS6QL, Geoff Levey, ZS6C, Cliff Smyth, ZS6BOX, Phillip van Tonder, ZS6PVT en Guy Eales, ZS6GUY. Die Raad het die nominasies vir toekennings en trofee goedgekeur en die ontvangers sal binnekort in kennis gestel word. In reaksie op versoeke vanaf lede het die Raad besluit om die lys van ontvangers in die AJV-boekie te publiseer wat vanaf 1 Maart 2019 beskikbaar sal wees. Die finansiële dokumente is bespreek en die begroting vir die nuwe finansiële jaar is goedgekeur. Daar is 'n klein toename in lidmaatskap gelde.

Die SARL Simposium word Vrydagmiddag 12 April by die Protea-hotel langs die Tegnopark aangebied. Die span is besig om die program te finaliseer. Die Boland ARK rapporteer dat die registrasie vir die algemene jaarvergadering op Saterdagoggend 13 April vanaf 07:00 tot 09:00 plaasvind met die algemene jaarvergadering om 09:00 vir 09:30 by die Datavoice-ouditorium in die Technopark. Terwyl die AJV in sessie is, gaan die eggenote by JC le Roux besoek aflê vir 'n sjampanje- en nougatproe. 'n Kelder toer en wynproe by Blaauwklippen vind Saterdagmiddag plaas met die SARL-toekenningsdinee by die Stellenbosch Gholfklub, langs die Technopark op Saterdagaand.

Die Boland-ARK stel voor dat lede van buite die dorp van AirBNB en ander sulke webwerwe gebruik maak om die naweek in Stellenbosch te akkommodeer.

JONG AMATEURS RADIOKLUB WIL JONG AMATEURS SAAMVOEG MET DIE TOP STASIES

Die Jeug Amateurradioklub (YARC) se Jeug Kompetisie Program (YCP) wil groepe van entoesiastiese jong amateurs met die top stasies saam voeg vir ‘n bedienings ondervinding tydens die CQ Wêreld Wye WPX ESB-kompetisie oor die naweek van 30 tot 31 Maart. Die YCP is 'n naweek-inisiatief vir groepe jong radio amateurs in die VSA en Kanada.

"Dit sal hopelik 'n nuwe dimensie van die stokperdjie vir jong amateurs moontlik maak wat 'n bietjie voorheen kompetisie gewerk het en 'n nuwe presedent skep vir die verwelkoming van 'n nuwe generasie radio-sport-entoesiaste," het Sterling Mann, N0SC, YARC Raadslid gesê. Die 27-jarige elektriese ingenieur, wat help om YARC-programme en -uitreik te bestuur, beskryf die inisiatief as "doelbewus buigsaam, liggies georganiseer en lae koste."

"Ons sal poog om 'n klein groepie (tot vier) van jong amateurs wat belangstel om saam met ‘n top stasie te werk te koppel aan die stasie eienaar wat belangstel om die jeuggroep te nooi," het Mann voortgesit. Hy was ook aktief in die Kollege Amateur Radio Initiative (CARI) . "Die amateurs sal vanaf die stasie werk en die gasheer het die opsie om die jeug te help om hul vaardighede te verbeter, advies te gee en selfs saam te werk. Ons sal probeer om dit so te hou dat jong amateurs net 'n relatief kort rit nodig het."

YARC se YCP is geïnspireer deur die pogings van Jeug op die Lug (YOTA) en sy eie Jeug Kompetisie Program, sowel as die Team Exuberance, het Mann gesê. Hy het bygevoeg: "Ons hoop om 'n groot klomp jong amateurs te inspireer om die grootste kompetisie deelnemers van die 21ste eeu te word." YARC is besig om radio amateurs onder die ouderdom van 27 jaar te bereik, met ten minste 'n bietjie kompetisie ervaring wat belangstel om die CQ WW WPX ESB te bedryf op 'n kompetisie-graad amateur radio stasie. Hy moedig diegene wat belangstel om aan te meld.
(ARRL Brief)

LIDMAATSKAP AANSOEKE

Die SARL het lidmaatskap aansoeke ontvang van Gawie Diedericks, ZS6GWD; Craig Newham, ZS6NEW; Anna de Beer, ZSL-1197 en Deon Pretorius, ZSL-1198. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die Liga Sekretaris bereik voor die Woensdag na hierdie bulletin. Stuur asseblief jou besware aan secretary@sarl.org.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

13 Februarie – Wêreld Radio Dag.
15 Februarie – besprekings gemaak en betaal vir die Ruimte Simposium in 'n trekking vir 'n ARRL Satelliet Handboek; die sluitingsdatum vir PEARS BHF Logstate.
16 en 17 Februarie – die ARRL DX GG Kompetisie.
18 Februarie – die sluitingsdatum vir Nasionale Velddag en ADV GG Logstate.
24 Februarie – die SARL RTD kompetisie.
27 Februarie – Internasionale Melktert Dag.
28 Februarie - einde van die vroeë besprekings vir die Ruimte Simposium en sluitingsdatum vir SARL Eregallery nominasies.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

HET JY AL RTD PROBEER?

Byna almal is besig om die nuwerwetse digitale modusse te gebruik, hier is 'n kans om die oorspronklike digitale modus te gebruik! Die SARL RTD kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika en dit moedig RTD QSOs. Die kompetisie vind tussen 14:00 en 17:00 UTC op Sondag 24 Februarie plaas met aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS/6 en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003